Pearson - Always Learning
 
Longman-HAT
English • Afrikaans
 
 

Aanlyn woordeboeke en taalportaal

 

TEKEN IN 

 1. Afrikaans: HAT Aanlyn 

 2. Engels: Longman Online 

 

  1. HAT Aanlyn

  

            

 


 

 Subskripsie  Bondel en prys  Teken in
en betaal

 

Het jy die nuwe HAT6 gekoop? 

 

Die komplimentêre kode agter in die woordeboek 

bied ’n jaar lank gratis toegang tot HAT Aanlyn. 

 

   

 

Individuele lisensie

HAT Aanlyn

ISBN 9781775951834

 

  • Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
  • HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek
  • HAT Taalgids
  • HAT Feitegids

R400 per gebruiker per jaar, vanaf datum van intekening.
 

 

Skoollisensie

HAT Aanlyn

ISBN 9781775951841

 

 

  

  •  Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal 
  • (6de uitgawe)
  • HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek
  • HAT Taalgids
  • HAT Feitegids

R3 000 per skool per jaar, vanaf die datum van intekening. 

 


 

Universiteite en 

ander instellings 

HAT Aanlyn 

 

 

Om ’n kwotasie vir intekening op HAT Aanlyn aan te vra, stuur asseblief vir ons ’n e-pos. ’n Verteenwoordiger van ons Kliëntediensafdeling sal u kontak. 

 

 

 Ander

 

  2. Longman Online

  

              

  

 

 Subskripsie  Bondel en prys  Teken in
en betaal

 

Individuele lisensie

Longman Online

ISBN 9781775956518

 

 

 

  • Longman Dictionary of Contemporary English
    *Al die woorde en voorbeeldsinne hardop uitgespreek!
  • Longman Business English Dictionary 
  • Longman SA School Dictionary
  • Longman-HAT Eng-Afr/Afr-Eng School Dictionary

R300 per gebruiker per jaar, vanaf datum van intekening.

 

Skoollisensie

Longman Online

ISBN 9781775784821

 

  • Longman Dictionary of Contemporary English
    *Al die woorde en voorbeeldsinne hardop uitgespreek!
  • Longman Business English Dictionary
  • Longman SA School Dictionary
  • Longman-HAT Eng-Afr/Afr-Eng School Dictionary

R2 000 per skool per jaar, vanaf die datum van intekening. 

 

Universiteite en 

ander instellings 

Longman Online

 

 

Om ’n kwotasie vir intekening op Longman Online aan te vra, stuur asseblief vir ons ’n e-pos. ’n Verteenwoordiger van ons Kliëntediensafdeling sal u kontak. 

 

Ander

 


 

Hoe om jou aanlyn woordeboekversameling te gebruik

  1. Kies die woordeboek(e) wat jy wil gebruik, of laat die merkkassies leeg om tegelyk resultate uit al die woordeboeke te sien.
  2. Tik jou woord in die soekkassie en klik op die SOEK-knoppie langsaan, of druk die ENTER-toets. As die woord wat jy ingevul het in een of meer van die woordeboeke ’n trefwoord is, sal jy dadelik die volledige artikel(s) op jou rekenaar- of selfoonskerm sien.
  3. Is jy nie seker hoe om ’n woord te spel nie? Gebruik dan wildekaarte (_ en/of %) om jou te help. Gebruik _ om ’n enkele letter te vervang en gebruik % in die plek van meer as een letter. Byvoorbeeld: As jy sep_r_te tik, sal jy al die artikels vir die Engelse woord separate kan oproep. As jy g%rdian tik, sal jy die volledige artikel vir die Engelse woord guardian kry. As jy %ific tik, sal die soekenjin blitsvinnig al die woorde gaan haal wat op die letters -ific eindig, byvoorbeeld horrific, scientific, specific.
  4. Om jou woordeskat in beide tale te help uitbrei, vertoon ons woorde wat aan jou soekwoord verwant is, in ’n kassie met verwante woorde langs die hoofartikel(s).  Byvoorbeeld: Onder die hoofinskrywings van die Engelse woord sad, sal jy sinonieme of verwante Engelse woorde soos crestfallen, crying, depressed, devastated, dispirited, doleful, downcast, dreary, gloomy, heartbreaking en plaintive vind, asook verwante Afrikaanse woorde, soos bedruk, hartseer, neerslagtig, terneergedruk, treurig. (Dis baie nuttig wanneer ’n mens moet skryf en jy nie oor en oor dieselfde woorde wil gebruik nie!) Klik op enigeen van die verwante woorde om sy hoofartikel te sien. Om hulle maklik te kan raaksien sal jou soekwoord(e) met ’n gekleurde agtergrond gemerk wees waar hulle in die teks verskyn.
  5. Jy kan ook na woordkombinasies en frases soek en dadelik ’n volledige lys sien van elke plek waar jou soekkombinasie of -frase in die woordeboeke verskyn. Onthou dat jy woordkombinasies en frases (twee of meer woorde langs mekaar wat deur spasies van mekaar geskei is) altyd tussen dubbele aanhalingstekens in die soekkassie moet tik om ooreenstemmende woordgroepies in jou woordeboeke te vind. Byvoorbeeld: “op aandag”“in verband met”. Artikels waarin jou soekkombinasie of -frase verskyn, sal vertoon word met jou soekwoorde op ’n gekleurde agtergrond sodat jy hulle maklik kan raaksien.
  6. Om artikels te vind waarin al jou soekwoorde en/of -frases saam of naby mekaar verskyn, verbind hulle met ’n ampersand (kat & hond). (Onthou om frases tussen aanhalingstekens te tik.)
  7. Om artikels te vind waarin of die een of die ander van jou soekwoorde of -frases verskyn, kan jy hulle met ’n regaf strepie skei (kat | hond).  (Onthou om frases tussen aanhalingstekens te tik.)
  8. Deur op die luidsprekertjies langs die trefwoorde in die Longman SA School Dictionary te klik, kan jy luister na die korrekte (Britse) uitspraak van al die woorde in jou Engelse skoolwoordeboek. Herhaal die woorde hardop agter die spreker aan om jou eie uitspraak te oefen!
  9. Jy kan ook hoor hoe verskillende geluide klink. Waar twee luidsprekertjies langs ’n woord verskyn, speel die tweede een vir jou die geluid as jy daarop klik. Soos by growl en whinebyvoorbeeld.
Wildekaarte vir gevorderde gebruikers
Simbool Funksie Voorbeeld
& EN vinkel & koljander
| OF hond | kat
"..." Presiese frase "so mak soos"
_ Slegs een karakter gry_
% Meer as een karakter %lose
/(1-9) Binne soveel woorde van mekaar af, in dieselfde volgorde "was groter maag"/5
@(1-9) Binne soveel woorde van mekaar af, in enige volgorde "oog op die af"@5
# XOF (vind die een of die ander, maar nie albei nie) seun # meisie
^ Geen van ... ^iemand iets